Die Pad na Selfbestuur – Anderkant die Mislukking van Staatsbestuur
ISBN: 9781990915000
Author: Flip Buys
Die feite spreek vanself: Die Afrikaner is in ‘n volskaalse bestaanskrisis. Die redes hiervoor is al dikwels in die verlede ondersoek, maar nog nooit so brutaal eerlik, so trompop en so daadwerklik gekonfronteer as in Die pad van selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuur nie.
Die boek ondersoek die krisis waarin die Afrikanergemeenskap homself bevind sowel as voorstelle vir oplossings om steeds vry, veilig en voorspoedig in hierdie land te kan bly woon. Dit bied ‘n padkaart na die enigste beskikbare en werkbare oplossing – groter selfbestuur – met planne om uitvoering daaraan te gee.
Die hede gaan nie weggaan nie, die verlede gaan nie terugkom nie, en die toekoms gaan nie vanself gebeur nie. Daarom is oorspronklike, vindingryke en ingrypende planne wat met skeppende vernuwing uitgevoer word nou nodig. Van hierdie planne vind neerslag in Flip Buys se toekomsblik op Suid-Afrika in 2030 wanneer konsentrasiegebiede van Afrikaners ‘n sleutelrol in bevredigende dienslewering, woon- en werkplekke gaan speel.
N$200.00




