Tuiskoms
ISBN: 9780620977241
Author: Carel Boshoff
“TUISKOMS is ‘n juweel in die werk van Carel Boshoff. Polities, kultureel en filosofies gesproke vang dit die leser met ‘n gemaklike skryfstyl en met boeiende gesigspunte op sowel die verlede as die toekoms vas. Met betrekking tot die verlede word die leser op ‘n merkwaardige reis van herbesinning oor apartheid, nasionalisme en die dood van die ‘tweede Afrikaner’ meegevoer. Tegelyk is ‘n helder hoop met betrekking tot die toekoms van die ‘derde Afrikaner’ deurgaans aanwesig. Een van die redes waarom die leser dit so moeilik vind om die essays neer te sit, is omdat hy deur die skrywer uitgenooi word om steeds verder saam met hom op die toekomspad te stap. Vanaf die pragtige voorwoord tot en met die laaste hoofstuk is TUISKOMS ‘n hoogs aanbevelenswaardige werk” – Danie Goosen –
N$200.00




