Wie is Jy?
ISBN: 9789991609102
Author: E.L.P. Stals
Ernst Stals, gebore op Pofadder in die Noord-Kaaplandse Boesmanland, het sy opleiding as historikus aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang. Hy het agtereenvolgens aan daardie universiteit, die Randse Afrikaanse Universiteit en die Windhoekse Onderwyskollege doseer en was ten slotte Direkteur van Navorsing aan die Akademie in Windhoek. Uit sy pen het daar sedert 1962 verskeie publikasies oor verskillende aspekte van Namibiese geskiedenis, asook as mede-outeur oor die geskiedenis van die Afrikaners in Johannesburg, verskyn. Onder die jongste van sy publikasies tel die studie So het Afrikaans na Namibië gekom (Gamsberg-Macmillan, 2001). Hy is tans nog verbonde aan die Geskiedenisdepartement van die US as navorsingsgenoot en is in Windhoek woonagtig.
N$50.00




