Aspoersterskoene
ISBN: 9780799376494
Author: Kristel Loots
Soveel bespiegelings, soveel onbeantwoorde vrae, soveel geheime…
Na al die jare raak Sarah opnuut in die web van verskrikking verstrengel.
Haar matriekreünie moet sy bywoon, na amper ‘n kwarteeu haar demone op Doringbaai in die oë gaan kyk, moet sy Marius Malan weer sien. Hy, wat haar magteloos woedend maak, maar steeds haar hart besit. Al is sy Christiaan se vrou en Waldo se ma.
Haar mooie Aspoersterskoene moet haar wankelende selfvertroue ‘n hupstoot gee, maar vir haar skuldgevoelens het sy nie raad nie.
Dis sy wat na Gertruida se dood die wantroue in Marius aangehits het, wat sy skuld hemelhoog laat brand het. Omdat sy jaloers was, omdat sy hom wou hê en Gertruida van die hoekhuis nie die voorreg gegun het nie. En hom eiehandig byne vernietig het.
N$80.00




