Stoffel op Safari

ISBN: 9780798156233

Author: Christiaan Bakkes

 

Vertelkuns soos die van Christiaan Bakkes is skaars in Afrikaans. Sy nuutste boek – reeds die sesde in die Stoffel-reeks – omvat weer eens ‘n veelheid fasette van sy lewe in die wildernis van die Kaokoveld en Damaraland.

Daar is boeiende diereverhale en hartverskeurende hondeverhale. Daar is die stories van gewone mense sowel as skatryk safarikliënte. Daar is soldateverhale en ‘n eenmanrebellie. Daar is boeke, musiek en stukkies geskiedenis uit Afrika, Amerika en Europa. Daar is die navorsingswerk van sy vrou Nina en die avonture van sekerlik die dapperste Jack Russell ooit, Tier met die tien lewens.

Sedert die vorige Stoffel-boek het veral een onderwerp in bewaringskringe op die voorgrond getree: renosterstropery. Bakkes skryf daaroor in drie verhale – insigryk, oorwoë en met humor.

‘n Verhaal soos “Grense” toon by uitstek hoe hierdie skrywer nie bloot reis- of avontuurvertellings weergee nie, maar dat sy werk transendeer na iets meer, na die diepere betekenis van die ragfyn netwerk en verbintenisse waaruit ons lewe op hierdie planeet bestaan.

N$120.00

1 in stock

SKU: 9780798156233 Category: