Ouens is Nes Ekstra Bagasie
ISBN: 9780798156769
Author: Janie Oosthuysen
Pa is net so naïef. Dink hy regtig ek stel belang in fossiele en die oorsprong van homo sapiens? Wat my interesseer, is lewende, polsende mense. Mense soos Brett Stander, die coolste ou in die skool. Maar net toe ek Brett begin tem, moet ek alles net so los en vir vier volle weke na die Turkana-meer gaan, waar Pa en liefste Stiefmoekie opgrawings doen. Agt en twintig dae op ‘n stowwerige uitgrawing, hoe cool is dit? Pa het wel gepraat van nuwe idees (lees: vervelige, flou fossiele) en nuwe mense (lees: vervelige, fake Dominique), maar hoe gaan dit my help om Brett te behou? En wat kan sy glo oor Dominique en Ken? Net fossiele lief nie, vind Barbara baie gou uit, maar eers moet sy haar hart behoorlik verloor.
N$50.00