My Hart Klop Muffins
ISBN: 9780798156783
Author: Helen Brain
Katrina is moeg vir vervelige mense, moeg vir ‘n saai lewe, moeg vir haar outydse naam. Sy is Kat… en Kat is sexy, suave en gesofistikeerd. Net jammer haar lewe bly so doodgewoon. Naweke verkoop sy en liewe, goeie, nerdy Van Aardt T-hemde by die kunsmark en by die skool moet sy hang met mense soos Marlé Groenewald, die irriterende girl met die pienk klere en die super-groot boobs. Tot hy op die toneel verskyn – met die ontwerper-stoppels en die romantiese Franse naam. Sommer gou is Kat verlief. So verlief dat sy haar beeld heeltemal verander sodat hy haar moet raaksien. Maar die Fransman het ‘n geheim. Iets wat maak dat Kat haar bonsende hart en romantiese idees deeglik moet ondersoek.
N$50.00




