Filters

Searching in
Price (N$)
Availability

Rympies vir Pikkies en Peuters

ISBN: 9780624074281

Author: Riana Scheepers

Rympies vir pikkies en peuters het ontstaan uit die droom van een mens: Gertie Smit, bekende opvoedkundige van Wellington. Die meeste kinderversebundels is op skoolgaande kinders gemik, maar sy het gevra: Wat van die kleiner outjies, wat net soveel vreugde én onderrig uit rympies kan kry? Hier is dus nou ‘n boek met versies vir kinders van een tot drie jaar oud, saamgestel volgens opvoedkundige vereistes – die opvoeders en versorgers in speelskole het dit broodnodig. Hierdie bundel wil vir ons kleinste kinders rympies gee waarmee hulle as’t ware kan grootword. Die vrolikheid en olikheid van
hul daaglikse lewe word in rymvorm vasgevat, hul leefwêreld word op ’n klankryke wyse verwoord en só word hulle ondersteun om al die moeilike ontwikkelingstake baas te raak. Met pragtige illustrasies deur vyf van ons voorste kinderboekillustreerders: Samantha van Riet, Alzette Prins, Adelle van Zyl, Maja Sereda en Susie Appleby.

N$390.00

Out of stock

SKU: 9780624074281 Category: