Rympies vir Kleintjies en Kleuters
ISBN: 9780624081920
Author: Gertie Smit, Riana Scheepers, Suzette Kotzé-Myburgh
Hierdie bundel is die opvolger van die baie suksesvolle Rympies vir Pikkies en Peuters wat in 2015 verskyn het. Met sy prettige volkleurillustrasies bied dit ’n keurversameling verse spesiaal saamgestel vir drie- tot vyfjariges. Digby 400 rympies deur meer as 100 skrywers dek al die onderwerpe wat deel is van klein kinders se leefwêreld – in heerlike, maklike, sprankelende Afrikaans. Aangesien die bundel sorgvuldig beplan is om aan nasionale opvoedkundige vereistes te
voldoen, vorm dit ’n onmisbare hulpmiddel vir opvoeders en versorgers in speelskole, met ’n nuttige gebruiksgids agter ingesluit. Rympies vir Kleintjies en Kleuters sal egter ook tuis wees in elke huis – om nie te praat van kuiertyd by Ouma en Oupa nie!
N$390.00