Rooimier in die Broek Idioom Inkleurboek
ISBN: 9780799397932
Author: Wendy Maartens
Kom kleur saam in! Maak die potlode skerp. Skiet daai doppies van die merkpenne af. Lê op die gras, sit agterstevoor op ‘n stoel, klim in die linnekas met ‘n flits, of hang onderstebo in ‘n boom. Die tyd het aangebreek. Kom ons kleur in! Hierdie vrolike inkleurboek bevat 22 eg-Afrikaanse idiome, elk met interessante feite oor diere.
N$150.00




