Ouma Hester en die Dreadnought
ISBN: 9780798181860
Author: Janie Oosthuysen, Alistair Ackermann
Die Dreadnought is reg vir aksie, ouma Hester se harnaspakke is gelaai met plofbare verrassings en haar yskas kreun onder die smulgoed! Maar wat gaan sy in Kanada maak en nogals by PESBEHEER, PILLE & PREPARATE van alle plekke? Sal Mamma vir Tian en Lisa laat saamgaan? En wat vang die bose dokter
Lewendkerwen alles in haar onderwaterse laboratorium aan? Tian en Lisa beland in groot gevaar wanneer die Snuitergryper hulle opspoor. PESBEHEER, PILLE & PREPARATE se bestuurders is ’n gemene klomp en dokter Lewendkerwen, suster Hokus en suster Pokus hou hulle met grusame dinge besig . . . Maar gelukkig laat ouma Hester en Graatjie nie met hulle mors nie!
N$180.00




