Omber
ISBN: 9780796191533
Author: Lizanne Gerber Kruger
Vier vroue met hul tone net-net in die vyftigs, maar hul koppe nog stewig in die jare tagtigs. Vriende vir altyd.
Rosa droom van wegsweef. Miranda, cup cake queen van Swakopmund – maar die donker wil haar kom haal.
Brit, vasgevang in seksuele misterie, wroeg oor haar geheim. Juliette hardloop om haar kop skoon te kry en wonder of daar genoeg bakpoeier by haar huwelik gegooi is.
Hul skooldae spin hulle saam in een taai spinneweb. Hulle lewe gaan aan, maar die web trek hulle terug.
Was Miranda se e-pos werklik nodig? Moet dinge nie maar eerder in die verlede gelos word nie?
N$450.00