Oloff Die Seerower 03: Die Skuim van die See
ISBN: 9781919765105
Author: Gerrie Radlof
Dis die 1740’s. Die plek is die Kaap de Goede Hoop, aan die suidpunt van Afrika. In die binneland is korrupsie en boewery aan die orde van die dag. Op die seeweg om die Kaap van Storms word handelskepe getreiter deur bloeddorstige, genadelose seerowers.
Daar is net een wat hulle vrees – Oloff – die aantreklike edelman wat met die swaard in die hand vir geen duiwel stuit nie…
Oloff, die groot man met die groot hart waarin ‘n warm vuur brand vir die beeldskone Anna te Hoogen, niggie van die vorige goewerneur aan die Kaap…
Hy wil omswaai, maar dan is daar ‘n brandende pyn in sy rug. Sy kop ruk agteroor en val dan vorentoe op sy bors. Hy sien die bebloede punt van die swaard wat voor by sy bors uitsteek. Dan word dit swart voor sy oë…
N$100.00




