Filters

Searching in
Price (N$)
Availability

Oloff Die Seerower 02: Die Seewraak

ISBN: 9781919765044

Author: Gerrie Radlof

 

Dis die 1740’s. Die plek is die Kaap de Goede Hoop, aan die suidpunt van Afrika. In die binneland is korrupsie en boewery aan die orde van die dag. Op die seeweg om die Kaap van Storms word handelskepe getreiter deur bloeddorstige, genadelose seerowers.

Daar is net een wat hulle vrees – Oloff – die aantreklike edelman wat met die swaard in die hand vir geen duiwel stuit nie…

Oloff, die groot man met die groot hart waarin ‘n warm vuur brand vir die beeldskone Anna te Hoogen, niggie van die vorige goewerneur aan die Kaap…

Met die seile volgespan, kloof die boeg van die Seewraak deur die water – op pad na die oop see. Oloff kyk voor hom uit. Hy voel die wind teen sy gesig waai…

N$100.00

1 in stock

SKU: 9781919765044 Category: