Oloff die Seerower 16: Die Spookskip van Biskaje

ISBN: 9781919765327

Author: Gerrie Radlof

Dis die 1740’s. Die plek is die Indiese Oseaan, aan die oostekant van Afrika. Op die seeweg om die Kaap van Storms na die Ooste word handelskepe getreiter deur bloeddorstige, genadelose seerowers. Daar is net een wat hulle vrees – Oloff – die aantreklike edelman wat met die swaard in die hand vir geen duiwel stuit nie…

Onverwags soos die aanval is, het Oloff die teuels hard gepluk en die perd in die lieste geskop. Terselfdertyd pluk hy die seremoniële rapier uit wat hy by sy aanddrag dra, want die aanstormende gestalte het ‘n ontblote wapen in sy hand. Oloff kan die dowwe sterlig op die lem sien flits en hy twyfel nie aan die aanvaller se bedoelings nie.

N$100.00

1 in stock

SKU: 9781919765327 Category: