Oloff die Seerower 14: Die Seerower se Buit

ISBN: 9781919765303

Author: Gerrie Radlof

Dis die 1740’s. Die plek is die Indiese Oseaan, aan die oostekant van Afrika. Op die seeweg om die Kaap van Storms na die Ooste word handelskepe getreiter deur bloeddorstige, genadelose seerowers. Daar is net een wat hulle vrees – Oloff – die aantreklike edelman wat met die swaard in die hand vir geen duiwel stuit nie…

Stadig tree Oloff oor die drumpel. Daar is hoogmoed in sy tred. Sy koel, blou oë weeg oor die vertrek en dit is asof hy sy neus effens optrek vir die geselskap. Soos standbeelde staar hulle hom aan… Maar tog is die oomblik groot genoeg om tot hulle benewelde verstande deur te dring.

N$90.00

1 in stock

SKU: 9781919765303 Category: