Oloff die Seerower 12: Die Vloot van Verwoesting
ISBN: 9781919765280
Author: Gerrie Radlof
Dis die 1740’s. Die plek is die Indiese Oseaan, aan die oostekant van Afrika. Op die seeweg om die Kaap van Storms na die Ooste word handelskepe getreiter deur bloeddorstige, genadelose seerowers. Daar is net een wat hulle vrees – Oloff – die aantreklike edelman wat met die swaard in die hand vir geen duiwel stuit nie…
Vir oulaas skree hy so hard as wat hy kan oor die skare: “Niemand sal Oloff die Seerower sien sterwe nie! Ek weet hoe om te sterf – gou en skoon! Totsiens, Vriende. Ons sal weer ontmoet!” Met hierdie laaste uitroep duik hy oor die punt van die plank. Voordat hy die water binnegaan, weergalm Henning se rou kreet wanhopig in sy ore. “Oloff!”
N$90.00