‘n Lipstiek-lewe
ISBN: 9780624049012
Author: Kristel Loots
Roxy Roux is ‘n flerrie – almal weet dit. Sy’t ‘n Jessica Rabbit-lyf aan haar en ‘n paar bobaas bazookas wat groot mans aan die bewe kry. Maar Roxy is moeg daarvoor om te flirt vir ‘n lewe en om über funky te probeer wees. Sy’t actually maande laas haar neusringetjie gedra en die gaatjie het heeltemal toegegroei. Sy wil ‘n roekelose skelrooi lipstiek-lewe leef, maar meer nog wil sy ‘n man hê – een wat van honde hou en saans voor die televisie die regering sal sit en slegsê. Sonder die irriterende gepitter-patter van kinderpooitjies om haar ore. Haar suster, Petra die preutse, het ‘n man en kinders en hulle is so ordentlik soos ‘n All Bran-brekfisboks-gesinnetjie. Nie Roxy nie. Sy fladder haar ooglede en meet en greet al wat uitlander is by Tafelberg Toeriste. Intussen hou haar Facebook-vriende – onder andere haar Oumalot – haar aan die gang en skryf sy blogs.
Daar is natuurlik Zander Muller met sy surfer-kuif, sy lekkerlyf en sy vriendskap met Jack Daniel’s. En sy pa, Adam Muller, die life coach wat al die antwoorde ken. En Janneman… Die Muller-mansmense maak ‘n mallemeule van Roxy se lewe!
N$80.00