Filters

Searching in
Price (N$)
Availability

Fanie se Vuurdoop

ISBN: 9781869192198

Author: P.J. Schoeman

 

Dit is oorlog tussen Boer en Brit. Fanie is agtien jaar oud en oorgehaal om sy land te verdedig. Op sy geliefde perd Dumizulu vertrek hy saam met sy pa om by die Boerekommando’s aan te sluit, met die wyse Lewies as agterryer.

Gou word Fanie geïdentifiseer as ‘n verantwoordelike jong man en word hy die leier van die Pendorings; ‘n spesiale vyftal wat met die Engelse patrollies moet afreken.

Oorlog is nie kinderspeletjies nie, kom Fanie gou agter. Hy moet kophou tussen geweer- en kanonvuur en toe Rooibul en Dumizulu gewond word, vererger dit sake.

En wat gemaak as jy baie respek het vir ‘n Kakie, byvoorbeeld vir majoor Carter, die Engelse meisie Jekkie se pa?

Dit is ook nou tyd dat Fanie besluit wie van die twee nooiens waarop hy nou al vir drie jaar verlief is, sy hart gaan wen. Is dit die avontuurlustige Jekkie, of die sagskaam Boeremeisie Soekie?

N$80.00

1 in stock

SKU: 9781869192198 Category: