Deur Dieper Geloof na Lewensvreugde
ISBN: 9780796320162
Author: Nina Smit
Wees ‘n lig vir die wêreld.
Dit is God se opdrag aan jou, liewe vrou. Jy is na sy beeeld geskep om sy werk op aarde voort te sit. Hy stap jou lewenspad saam met jou. Hy bewaar jou. Hy laat dinge vir jou ten goede meewerk, selfs al voel die lewe onseker en gaan dit dikwels bitter swaar.
Ontdek opnuut wie die God is wat ‘n persoonlike verhouding met jou begeer. Nina Smit nooi jou om jou geloof in God te verdiep om so ware lewensvreugde te ervaar. Sy wys jou hoe jy God se grootsheid in jou lewe kan herken en lei jou om weer die eienskappe van die Gees te volle uit te leef. Vind troos in elke hoofstuk, wat jou keer op keer verseker van God se oneindge liefde vir jou.
N$245.00