Filters

Searching in
Price (N$)
Availability

Die Afrikaners

ISBN: 9780624071075

Author: Hermann Giliomee

 

Hermann Giliomee vertel die dramatiese storie van die mense wat hulself mettertyd Afrikaners sou noem in die nuwe, korter weergawe van sy omvangryke meesterwerk Die Afrikaners: ‘n Biografie.

Sedert Die Afrikaners verskyn het, het toekennings, insluitend die Stals- en Jan H Maraisprys, en plaaslike en internasionale lof ingestroom. Die Britse Sunday Times het dit “fassinerend en onmisbaar” genoem, die Financial Times “sonder weerga” en die Economist het dit as een van sy boeke van die jaar gekies.

Hierdie korter weergawe vat die kern van die oorspronklike vas en werk nuwe gegewens by. Giliomee se vars styl laat die kleurryke verhaal van die Afrikaners met al sy drama, ironieë en patos leef. Die hele, soms omstrede storie – van die onbedoelde vestiging tot die onsekere toekoms – kom prikkelend onder die loep.

N$300.00

1 in stock

SKU: 9780624071075 Category: