Filters

Searching in
Price (N$)
Availability

Merk

ISBN: 9780795802140

Author: Rudie van Rensburg

Kassie Kasselman het geglo sy dae as speurder is getel ná die afgryslike Medusa-pedofielsaak, en sy hartaanval. Die talle noue ontkomings in sy polisieloopbaan van ses-en-dertig jaar het by hom bly spook. Maar ses maande by die huis bring perspektief: Hy is ’n speurder in murg en been. Terug by die Spookeenheid word hy en kollega Rooi Els dadelik by die diep kant ingegooi toe hulle opdrag kry om ’n reeksverkragter vas te trek – een wat sy slagoffers met ’n brandyster merk, soos boere met hul vee. Die saak kry ’n nog grusamer kinkel toe een van die slagoffers wreed vermoor word. Kassie en die kriminele profileerder wat aan hul eenheid toegewys word, stamp boonop koppe. Is die verkragter die man wat deur sy kennisse beskryf word as “’n weerwolf met die sperm van ’n wildehond”? Of lê die antwoord by die spesifieke merk wat hy op sy slagoffers inbrand?

N$375.00

Available on backorder

SKU: 9780795802140 Category: