Filters

Searching in
Price (N$)
Availability

Oloff die Seerower 15: Die Blou Robyn

ISBN: 9781919765310

Author: Gerrie Radlof

Dis die 1740’s. Die plek is die Indiese Oseaan, aan die oostekant van Afrika. Op die seeweg om die Kaap van Storms na die Ooste word handelskepe getreiter deur bloeddorstige, genadelose seerowers. Daar is net een wat hulle vrees – Oloff – die aantreklike edelman wat met die swaard in die hand vir geen duiwel stuit nie…

Die Skedel voel sy rug teen die muur. Sy oë flits weerskante toe op soek na ‘n uitspringkans, maar Oloff, wat sy blik nie vir ‘n gedeelte van ‘n sekonde van die ander af laat wyk nie, maak van daardie oomblik gebruik om deur sy teenstander se verdediging te dring en dan is sy swaardpunt roerloos, asof dit deur ‘n magneet daar vasgehou word, teenaan die Skedel se gorrel.

N$100.00

1 in stock

SKU: 9781919765310 Category: