Sub-Total: N$0.00
Boerekos met ‘n Twist
ISBN: 9780798175005
Author: Annelien Pienaar
Boerekos met ‘n Twist kan beskryf word as ‘n kompakte 21ste eeuse Kook en Geniet vir besige mense.
In onstuimige tye hunker ons terug na die bekende, vertroostende kos waarmee ons grootgeword het. Met hierdie boek, iets tussen ‘n ouwêreldse familieresepteboek en ‘n nuwerwetse kook-en-bakhandleiding, bring Annelien Pienaar nie net hulde aan die eenvougide, voedsame huiskos van haar ma en pa, ouma en oumgrootjie nie – sy gee ook aan elke resep haar eie avontuurlustige kinkel om dit nog veelsydiger, vinniger, makliker of goedkoper te maak.
Boere kos met ‘n twist bied jou:
- 140 gesonde, beproefde huiskosresepte, elk met sy eie storie, geheim en lesse en wat spoggerig genoeg is vir onthaal – van tradisionele groente, vleis, nageregte tot soppe en souse, gebak en bottle en bêreprodukte.
- 7 syspkaartvoorstelle vir spesiale geleenthede
- nuttige inligting oor kookterme, gaarmaaktye, omskakelingstabelle, plaasvervangerbestanddele, alternatiewe gaarmaakmetodes, kort[aaie en raakvatraad.
N$470.00




