Filters

Searching in
Price (N$)
Availability

Oloff die Seerower 05: Die Verraaier

ISBN: 9781919765204

Author: Gerrie Radlof

 

Dis die 1740’s. Die plek is die Kaap de Goede Hoop, aan die suidpunt van Afrika. In die binneland is korrupsie en boewery aan die orde van die dag. Op die seeweg om die Kaap van Storms word handelskepe getreiter deur bloeddorstige, genadelose seerowers.

Daar is net een wat hulle vrees – Oloff – die aantreklike edelman wat met die swaard in die hand vir geen duiwel stuit nie…

Oloff, die groot man met die groot hart waarin ‘n warm vuur brand vir die beeldskone Anna te Hoogen, niggie van die vorige goewerneur aan die Kaap…

Onverwags ruk die swaardpunt op, maar Oloff swaai sy wapen onder die ander in sodat hy dit met ‘n slag van onder af tref en die staallem rakelings oor sy skouer verbyglip…

N$100.00

1 in stock

SKU: 9781919765204 Category: