Filters

Searching in
Price (N$)
Availability

Lewenspraatjies met ‘n Dogter

ISBN: 9781770200111

Author: Izabella Little

 

  • Wees jouself en wees gewild!
  • Hoe weet jy wanneer dit ware liefde is?
  • Hoe om druk op skool, eensaamheid en foute wat jy gemaak het te hanteer.
  • Neem moeilike besluite op die regte manier.

 

Lewenspraatjies met ‘n Dogter is ‘n versameling lewenslesse – geskryf deur ‘n ma aan haar dogter. En hierdie ma weet waarvan sy praat. Die lewe kan moeilik voel wanneer jy begin om jou plek in die grootmenswêreld te vind. Jy kry skielik met soveel nuwe dinge te doen – alles van jou veranderende liggaam, verhoudings, gevoelens en liefde tot ingewikkelde besluite, beroepskeuses, hartseer en gevaar. Die raad in hierdie boek is prakties en gee aan dogters (van alle ouderdomme) die vaardighede om al die uitdagings wat die lewe bied met grasie en ‘n tikkie humor te hanteer.

Izabella Little praat openlik en eerlik uit die diepte van haar hart met dogters en hul ouers. Met insig en sensitiwiteit deel sy haar kosbare kennis en wysheid soos net ‘n ma kan wat ook op ‘n tyd daar was waar haar dogter nou is. Hierdie boek is toeganklik, reguit en steek die generasiegaping suksesvol oor.

Izabella Little is ‘n suksesvolle sakevrou, inspirerende motiveringspreker, amateur-fotograaf en bowenal die ma van ‘n tienerdogter. Hierdie boek is ‘n vertaling van haar eerste blitsverkoper, Life Talk for a Daughter. Na aanleiding van die sukses van Life Talk wy sy nou haar tyd aan jeugwerk en die bestuur van die Life Talk Forum vir ouers en adolessente.

N$80.00

1 in stock

SKU: 9781770200111 Category: